​‘n 70 m² huis waaroor jy dol sal wees!

Johannes van Graan Johannes van Graan
Дизайн интерьера квартиры, hq-design hq-design Ruang Keluarga Modern
Loading admin actions …

Ons weet maar al te goed hoe dit voel om in ‘n klein en beknopte woning te moet leef – glad nie gemaklik nie! Maar gelukkig is ekstra spasie nie noodwendig die enigste uitweg in sulke gevalle nie – dit gaan ook oor hoe jou huis se uitleg werk!

Vandag se homify 360° stukkie wys ‘n huis wat nie te groot is nie (‘n skamele 70 m²), maar nog steeds ‘n heel gemaklike leefspasie aan die binnekant bied. En natuurlik is die meubels en dekor ook stylvol genoeg om jou te laat vergeet dat jou vloerspasie nou nie die heel grootste is nie.

Die Russiese argitekte HQ-DESIGN bied hierdie ontwerp aan – kom ons loer so bietjie!

Die voorkant

Met ‘n moderne boustyl, neutrale kleure en lekker groot vensters wat ons verseker die binnekant kry genoeg sonlig, het hierdie huis ons al klaar oortuig dat ons sommer mal gaan wees oor hom, al is hy nou so bietjie aan die klein kant. 

En kyk: daar is selfs ‘n ou klein afdak stoepie aan die voorkant waar ‘n paar stoele (of potplante) kan pryk!

Die agterkant

Alhoewel die tuin en buitenste kuier area nou nie deel vorm van die huis se planne nie, voel ons tog dit pas heel perfek by die huis se bou en styl. 

En kyk: nog ‘n hele paar groot vensters om sonlig (en tuin uitsigte) na binne te verwelkom!

Die uitleg

Danksy die argitekte se vloerplan, kan ons die huis se uitleg beloer. Die sitkamer, eetkamer en kombuis deel ‘n oopplan L-vorm uitleg, terwyl die gang ons lei na ‘n studeerkamer (wat natuurlik in ’n slaapkamer omskep kan word), twee badkamers, een hoofslaapkamer, en nog ‘n ekstra vertrek.

Die sitkamer

Alhoewel ons nie foto’s van dié huis se binneste areas het nie, loer ons na ‘n ander ontwerp wat deur dieselfde maatskappy gedoen is om meer van ‘n idee vir hul tipe styl te kry – en ook om ons te inspireer, natuurlik! 

Houtvloere in ‘n sagte sand kleur; ‘n mat wat spog met ‘n treffende patroon; elegante beligting; en ‘n neutrale kleurskema wat die tikkies blou en turkoois van die meubels en dekor nog meer laat uitstaan – so klassiek!

Die slaapkamer

Nou vir ‘n idee hoe die slaapkamer ontwerp kan lyk: wit en aardse kleure meng heerlik saam om ‘n stylvolle spasie op te tower. En kyk net na daardie elegante ontwerp van die muur en beligting, asook die tamaai groot TV: perfek om in die bed te lê en onspan!

Volgende op ons lysie: 'n Stylvolle huis met vloerplanne.

Butuh bantuan dengan projek Anda?
Hubungi kami!

Sorotan dari majalah