​9 redes hoekom inbrekers jou huis teiken

Johannes van Graan Johannes van Graan
Home in Athol, Tru Interiors Tru Interiors Rumah Gaya Country
Loading admin actions …

Indien daar nog nie by jou ingebreek is nie, is kanse goed dat jy wel iemand ken wat reeds daardeur is. En tog bly die meeste van ons glo dat inbrake net iets is wat met ander mense gebeur! 

Ons wil natuurlik nie hê mense moet permanent in vrees lewe nie, maar wees ten minste net meer versigtig om te keer dat diewe nie jou huis teiken nie. 

En net vir ingeval jy dink dat jy absoluut niks doen om inbrekers se aandag te trek nie, lees dan maar hierdie 9 dinge wat die meeste van ons aan skuldig is…

1. Jy spog met jou (duur) kar

Om jou kar in jou oprit te parkeer in plaas van die motorhuis lok nie net komplimente nie, maar ook gevaar.

2. Jou tuin vertel van jou groot bankrekening

Ons sê natuurlik glad nie dat jy nie ‘n stylvolle tuin moet vertoon nie, maar groot en duur fonteine en meubels in jou voorste erf vertel vir almal dat jy sulke luukshede kan bekostig.

Hou liewers al daardie duur dinge in jou agtererf.

3. Jou balkonne is maklik bereikbaar

Moenie dink dat ‘n balkon op ‘n eerste verdieping veilig is nie; jy gaan nog steeds diefwering moet bysit!

4. Almal kan in jou huis insien

Nettleton 199, ARRCC ARRCC Rumah Gaya Eklektik

Om jou vensters en gordyne oop te los sodat almal kan inkyk is net so goed jy stuur ‘n uitnodiging aan ‘n dief.

5. Jou huis lyk net “maklik”

Geen veiligheidshekke, elektriese heinings of alarmstelsels? Hou op dink dat inbrake net met “ander mense” gebeur!

6. Daar is niemand om ‘n inbraak te verhoed nie

homify Rumah Gaya Country

Al gaan jy met vakansie, is dit nog steeds belangrik dat iemand ‘n ogie oor jou huis hou, plante kom natmaak, pos kom uithaal, ens. ‘n Huis sonder mense is enige inbreker se droom.

7. Jou vensters is nie gesluit nie

Al is jy tuis, maak seker dat jou vensters toe en gesluit is – ‘n lugversorger is in elk geval beter (en veiliger) as ‘n oop venster wanneer dit by koel en vars lug kom.

8. Jou voordeur is uiters swak

‘n Groot, sterk voordeur met ‘n veiligheidshek staan ‘n beter kans om ‘n inbraak te keer as ‘n swak ou glasdeurtjie. En as jy nou regtig ‘n voordeur van glas moet hê, voeg dan diefwering by.

9. Jy is nie op jou hoede nie

Alhoewel dit waar is dat ‘n inbraak enige tyd kan gebeur, vind die meeste inbrake plaas tussen 10 uur soggens en 3 uur in die middae – wanneer jy by die werk is. Dus, maak seker jy is op jou hoede, selfs al is jy nie tuis nie, en koop nou maar al daardie veiligheidshekke, elektriese heinings en alarmstelsels, waghonde, ens. 

Loer gerus na Die 5 dinge wat inbrekers na jou huis lok.

Butuh bantuan dengan projek Anda?
Hubungi kami!

Sorotan dari majalah