​14 mooi-maak idees vir jou klein tuintjie

Johannes van Graan Johannes van Graan
Jardín tropical muy pequeño en patio, con fuente y piedras, Zen Ambient Zen Ambient
Loading admin actions …

‘n Klein tuin is nou regtig nie die einde van die wêreld nie – ja, dit bied jou dalk nie dieselfde potensiaal as wat ‘n groot, heerlike ruim een doen nie, maar dis nie te sê jy moet moed opgee nie: daar is ‘n hele paar metodes wat jy kan gebruik om jou klein tuin bietjie karakter en styl te gee, jy moet net weet wat om te doen (en wat om nie te doen nie).

Kom ons beloer 14 maklike (en goedkoop) metodes wat omtrent enigiemand kan aanwend, of hulle nou groen vingers het of nie.

1. So paar klippies vir kleur, patroon en tekstuur? Kyk net watse mooi randjie word hier gevorm.

2. Jy kan soveel doen met ‘n klein muurtjie, van potplante bo-op sit tot gebruik vir rankplante.

3. Fonteine hoef glad nie baie spasie op te vat nie; kyk net hoe stylvol lyk hierdie Zen/Japanese ontwerp.

4. Onthou: kontras is koning, so wend dit aan met materiale, kleure en teksture.

5. ‘n Simmetriese uitleg kan jou help om jou tuintjie ‘n netjiese, standvastige styl te gee.

6. Wat van so paar tropiese plante om ‘n vakansie gevoel op te wek?

7. ‘n Sitplek tussen-in jou blomme en plante? So prakties!

8. ‘n Ou kraan/pomp kan ‘n bietjie “vintage” karakter verskaf.

9. Onthou dat hout in letterlike enige styl (van modern tot rustiek) kan inpas.

10. As jy aandag wil fokus op sekere dele/plante, gebruik gekleurde klippies.

11. Wat van bietjie kleur teen daardie muur/heining in die agtergrond?

12. Mens ken lekker kreatief raak met potplante, veral as jy twee-twee pak soos hier gewys.

13. Onthou dat jou grasperk ook bydra tot jou tuin se styl, so hou dit maar so netjies as moontlik.

14. So bietjie koelte is altyd welkom, veral met ons Suid-Afrikaanse son. Wat van ‘n pergola en paar rankplante?

Butuh bantuan dengan projek Anda?
Hubungi kami!

Sorotan dari majalah